Die fotograaf vir Die Boerevrou Gedenkboek 2019 is in Pretoria gebore en het 'n graad in Beeldende Kunste aan UP behaal. Jenny skilder graag bome en in die besonder Jakarandas. Een van haar skilderye is

op p. 55 van die Gedenkboek saam met Leipoldt se gedig, Oktobermaand

(soos dit die heel eerste keer in 1919 in Die Boerevrou verskyn het) gebruik.

Jenny Boon.png

Daar is na raming tussen 40 000 en 70 000 Jakarandabome in Pretoria waarvan die eerste twee in 1888 aangeplant is. Hierdie bome lewer elke

jaar in Oktober 'n skouspelagtige vertoning wanneer hulle blom en het aan die stad sy bynaam verskaf. 

Giclée-afdrukke van Jenny se Jakaranda-skilderye kan nou bestel word. Argiefpapier en spesiale ink verseker dat kunswerke wat deur hierdie drukproses gereproduseer word, van hoogstaande kwaliteit is en nie verkleur of verbleik nie.

Die afdrukke is met 'n ligte monteerkarton in sellofaan verpak en beskikbaar in die volgende groottes:

375mm X 650mm = R680-00

A2 = R680-00

A3 = R450-00

A4 = R300-00

A5 = R180-00

Bestellings: fampgboon@gmail.com

©2019 by Renier van Rensburg. Proudly created with Wix.com